Local newsNews

Bekende in Ermelo sterf skielik

Sy was 'n bekende in Ermelo en het vroeër Kenzan Bloemiste besit en toe by Talent Ateljee gewerk waar sy skilderklasse gegee en ook raamwerk gedoen het.

Yvonne Hart, gebore Jordaan, is Maandag skielik op die ouderdom van 77 oorlede.
Haar afsterwe laat ‘n groot leemte in die lewe van familielede en vriende.

Sy was ‘n bekende in Ermelo en het vroeër Kenzan Bloemiste besit en toe by Talent Ateljee gewerk waar sy skilderklasse gegee en ook raamwerk gedoen het.

Sy het later na Breyten verhuis en daarna in Barberton gaan by haar kinders, Bennie en Riekie Hart, gaan bly.
Haar skilderye en kunswerke is regoor die wêreld en onder andere ook in die plaaslike munisipaliteit se raadsaal,

SAVF-Huis en Absa Bank in Ermelo te sien.
Sy laat vier kinders, 12 kleinkinders en etlike agterkleinkinders na.

Sy is Maandagoggend in die Barberton Hospitaal opgeneem en oorgeplaas na Nelspruit waar sy oorlede is.
Die begrafnisdiens vind Vrydag om 14:00 in die NG Kerk Breyten plaasvind.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button