CrimeLocal newsNews

Maatreëls om ’n rooftog te vermy

Rowers wil óf geld óf besitting hê en wil dit gou buit.

‘n Nasionale sekuriteitsmaatskappy het die volgende raad aan ondernemings om rooftogte te vermy.

Rowers wil óf geld óf besitting hê en wil dit gou buit.

Roof is ‘n gevaarlike speletjie wat rowers se senuweeagtigheid in meeste gevalle verduidelik.

Gee die rower so gou as moontlik wat hy eis en moet nie jou lewe of iemand anders se lewe in gevaar stel nie.

• Rooftogte geskied op voorspelbare tye.

Ondernemings is kwesbaar by oopmaak- en sluittyd, middagete en vakansietye.

• Meld aktiwiteite aan wat verdag voorkom

• Goeie sigbaarheid in ‘n winkel stel werknemers in staat om op te let wat buite gebeur, sowel as die geleentheid vir omstanders skep om te sien as ‘n onderneming beroof word.

• Die kasregister moet op ‘n sentrale plek in sig van die deur wees waar klante transaksies kan afhandel met hulle rug na die deur.

• Hou toonbankuitstallings laag om werknemers oor die uitgestalde ware te laat sien.

• Spieëls met wye hoeke moet op strategiese plekke geplaas word.

• Die beligting in die winkel moet goed wees.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button