NewsSchools

Ligbron-redenaars praat Interhoër-trofee los!

Ligbron Akademie vir Tegnologie is algehele wenners van die Interhoër-Redenaarskompetisie.

Ligbron Akademie vir Tegnologie is as algehele wenners aangewys, nadat die junior en senior redenaarspanne uitstekend gevaar het in die Interhoër-Redenaarskompetisie wat Dinsdag, 11 Augustus by Hoerskool Secunda plaasgevind het.

Agt skole het aan die kompetisie deelgeneem.

Hoërskool Piet Retief is algeheel tweede geplaas, Hoërskool Ermelo derde, Hoërskool Standerton vierde en Hoërskool Gen. Hertzog, vyfde.

Die Liggies se junior span het die eerste plek in hul afdeling met Hoërskool Piet Retief gedeel, terwyl die senior span derde in hul afdeling geplaas is.

Vir die juniors het Marius Ferreira die tweede plek individueel behaal met sy onderwerp “Leerlingleiers moet ’n groter sê in skole hê”.
Mandisa Motha het gesê: “Social media can have devastating effects on our lives” en die individuele vyfde plek in sy afdeling ingepalm.

In die senior afdeling het Ibraheem Desai die individuele derde plek behaal met sy onderwerp “Good leaders follow” en Raeesah Bhagalia het gesê: “A good attitude alone cannot change the world” en ’n vyfde plek individueel behaal.
In die onvoorbereide afdeling was die juniors se onderwerp “Tienerwees is nie vir sissies nie” en die seniors het geredeneer of jou moedertaal jou onderrigtaal moet wees.

Die redenaars is afgerig deur die tale-departemente van Ligbron.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button