NewsSport

Wayne is SA Rugby League Speler van die Jaar

Benewens die Tomahawks, het hy ook verskeie kere vir die provinsiale span, die Panthers, uitgedraf en is ook in die SA span, die Rhinos, opgeneem.

‘n Besondere eer het die sportkringe van Ermelo te beurt geval toe Wayne Burger, ‘n kranige rugbyspeler van Ermelo Tomahawks Rugby League klub, onlangs gekies is as die SA Rugby League se speler van die jaar vir die 2014/2015-seisoen.

Springbok Duane Vermeulen is as die Rugby Union se Speler van die Jaar vir 2014 gekies.

Wayne is in albei vorms van die spel, Rugby League en Rubgy Union, ewe vaardig, maar het homself bewys as ‘n League-speler van formaat.

Benewens die Tomahawks, het hy ook verskeie kere vir die provinsiale span, die Panthers, uitgedraf en is ook in die SA span, die Rhinos, opgeneem.

Die Ermelo Tomahawks is besonders trots op Wayne en is bevoorreg om hom as speler en afrigter in hul geledere te hê.

Related Articles

Back to top button