Local newsNews

Bekende inwoner sterf ná ongeluk

Mnr. de Kock was 'n afslaer by Vleissentraal Ermelo en was ook bekend in die wedvlugduifkringe as aktiewe lid van Ermelo Wedvlugduiweklub.

‘n Bekende en geliefde inwoner van Ermelo, mnr. Frederik (Kokkie) de Kock, is verlede Woensdag in die Milpark Hospitaal in Johannesburg dood, etlike dae nadat hy inwendige beserings in ‘n motorongeluk op Ermelo opgedoen het.

Hy is tot sy afsterwe in die hoësorgeenheid van dié hospitaal behandel.

Mnr. de Kock was ‘n afslaer by Vleissentraal Ermelo en was ook bekend in die wedvlugduifkringe as aktiewe lid van Ermelo Wedvlugduiweklub.

Kokkie, soos hy alombekend was, is op 14 Februarie op Tweeling in die Vrystaat gebore.

In 1991 het hy as bemarker van lewendehawe by Vleissentraal Ermelo aangesluit waar hy onder boere in die Piet Retief-omgewing bekend was.

Daarna het hy hom as afslaer bekwaam en was veral onder boere by Bronkhorstspruit, Delmas, Standerton, Carolina en Ermelo bekend.

Kollegas en kliënte het hom beskryf as ‘n vriendelike en behulpsame mens wat altyd bereid was om meer as sy deel te doen.

Hy was ongetroud en word oorleef deur sy bejaarde moeder, twee broers en ‘n suster.

‘n Roudiens vir Kokkie word om 11:00 Vrydag 7 Augustus in die NG Kerk Debruinpark gehou.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button