Prag Brahamanbul behaal goeie prys

Die pragbul het voornemende kopers laat bontstaan en is uiteindelik deur mnre. Johan en Japie Landman van die Vlackdrift Brahman Stoetery op Utrecht opgeraap.

Die Oos-Transvaal Ram- en Bulveiling wat verlede week deur Vleissentraal Ermelo aangebied is, word as ’n groot sukses beskou ondanks die huidige stand van die ekonomie.

Pryse wat vir dié uitsoekdiere behaal is, het nie heeltemal aan die verwagtinge van sommige verkopers voldoen nie, maar daar is oor die algemeen tevredenheid uitgespreek.

Die veiling het Dinsdag 28 Julie afgeskop met die ramveiling met 87 rasegte diere van hoë gehalte wat te koop aangebied is. Slegs 10 diere is nie verkoop nie.

Drie SA Vleismerinoramme van verskillende stoete het die hoogste prys van R12 500 elk op die veiling behaal.
Die verkopers was Jo Wilkenson van Elandsfontein – Eikenhof, Kobus en Jaco de Jager van Amersfoort en Jan Vos van Janvos Landgoed – Bethal.

Die kopers was onderskeidelik J.G. Uys van Steynsrus, C.J. Basson van Ermelo en J.H. Davel van Hendrina.

Die bulveiling het Woensdag egter vir groot opwinding gesorg toe ’n Brahmanbul van Frik en Adriaan Venter van die Jachtpad Brahmane Stoetery op Vryheid ’n prys van R142 500 behaal het.

Dié pragbul het voornemende kopers laat bontstaan en is uiteindelik deur mnre. Johan en Japie Landman van die Vlackdrift Brahman Stoetery op Utrecht opgeraap.

Die afslaer was mnr. Paul Botha van Vleissentraal Ermelo.

 

’n Brafordbul van Charl Thiele van Thiele Estates op Paulpietersburg het die tweede hoogste prys behaal en is vir R62 000 aan mnr. F.W. Schmidt van Memel verkoop.

Die derde hoogste prys is vir ’n Simmentaler van Peter Abrahamse van River Valley Stoetery op Drie Riviere betaal. Die nuwe eienaar van die bul is mnr. Oubaas de Jager van Ermelo.

Altesaam 245 bulle van hoogstaande gehalte is op die veiling te koop aangebied waarvan 213 van die hand gesit is.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Die verkopers van die Brahman mnr. Adriaan en Frik Venter met die koper, mnr. J Landman en die afslaer mnr. paul Botha van Vleissentraal Ermelo.
Dié pragtige Brahmanbul het op die Oos-Transvaal Ram- en Bulveiling van Vleissentraal Ermelo vir ’n bedrag van R142 500 van eienaar verwissel. (Foto: Gerald Young)
Exit mobile version