Local newsNews

Ondersteun die Lilly-projek

Teken vandag nog 'n debietorder en help 'n dier in nood.

Die Hoëvelder het op 1 Mei die Lilly-projek geloods met die doel om die gemeenskap aan te moedig om hul harte oop te maak deur maandeliks ‘n bydrae aan EARS te maak.

Lilly was een van vier babahondjies wat een naweek bloot oor EARS se heining gegooi is en aan hulle eie genade oorgelaat is. Sy was die enigste een wat dié beproewing oorleef het.

‘n Liefdevolle gesin het Lilly aangeneem toe sy net een kilogram geweeg het en skaars kon loop.

Vandag, amper drie maande later, weeg Lilly al 17kg en is dit duidelik dat ‘n skoot windhondbloed deur haar are vloei.

Volgens haar eienaars is sy baie vredeliewend en spelerig. Verby is die dae van al bewend stert tussen die bene lê.

Help EARS om vir ander diere ook ‘n kans op ‘n beter lewe moontlik te maak, soos dié van hul ambassadeur, Lilly.

Teken vandag nog ‘n debietorder en help ‘n dier in nood.

Net ‘n gereelde R20 tot R50 ‘n maand sal EARS help om hul boeke te laat klop en om die diere se lewe makliker te maak.

EARS se bankbesonderhede is: EARS Ermelo, Nedbank Ermelo, rekeningnommer 151 610 3122, taknommer 151 644.

Vir meer inligting of om ‘n skenking van kontant, kos of komberse te maak, skakel Ronél by 083 400 1079 of 083 976 7113.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button