Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Foto galery – Water vir EARS se hokke

"Die honde het die heeltyd om die Tafelaars gedwaal terwyl hulle besig was om te werk, asof hulle geweet het dit word vir hulle gedoen."

Goeie nuus oor die EARS-hondehokke is dat die manne van die Tafelronde onder leiding van Nico Maré besig is om aandag te gee aan die waterkrisis.

Volgens Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, het hulle verlede naweek begin om water na die hokke aan te lê.

Ronél sê die honde het die heeltyd om die Tafelaars gedwaal terwyl hulle besig was om te werk, asof hulle geweet het dit word vir hulle gedoen.

Sy is innig dankbaar teenoor Nico en sy span vir hul moeite en omgee.

Daar is tans 27 honde en agt katte in EARS se sorg. Enige persoon wat belang stel om ‘n dier aan te neem, kan Ronél skakel by 083 400 1079 of 083 976 7113.

Die foto’s is van ‘n paar van die honde wat op soek is na liefdevolle gesinne.

Related Articles

Back to top button