Local newsNewsSchools

Laerskool Breyten gaan groen

Die projek sal ook dien as as 'n inkomste vir die skool, aangesien daar beoog word om van die groente te verkoop.

Afgevaardigdes van Trollope Mining se hoofkantoor in Pretoria het op 14 Julie Laerskool Breyten besoek.

Dit kom nadat mnr. Louis Bates, skoolhoof, die maatskappy vroeër genader het om ‘n varsgroenteprojek op die skoolterrein van stapel te stuur.

Talle leerders word tans deur die skool se voedingsskema bevoordeel en die projek sal ook dien as as ‘n inkomste vir die skool, aangesien daar beoog word om van die groente te verkoop.

Tydens die besoek het mnr. Bates die doel van die projek aan die afgevaardiges verduidelik, waarna hulle goedgunstiglik ingestem het om twee kweekhuise op die skoolterrein op te rig.

Twee boorgate sal ook gesink word om die nodige water vir die projek en ander behoeftes te voorsien.

Die skool gaan dikwels gebuk onder ‘n tekort aan water weens die gebrekkige voorsiening van water aan die dorp.

Die projek sal ook werk verskaf aan werklose ouers van die skool, iets waaroor die skool baie opgewonde is.
Mnr. Bates het sy dank en waardering uitgespreek teenoor Trollope Mining vir hul belangstelling en bereidwilligheid om in die skool te belê.

“Vir almal wat in die skool belê, word blywende resultate gewaarborg,” het mnr. Bates gesê.

Mnre. Paul de Villiers en Hans Swart sal die projek bestuur.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button