BusinessInternationalLocal newsNews

Motorhandelaar ondersteun veiligheidsgroep

Sakeondernemings soos Ermelo Toyota sien die belangrikheid van gemeenskapsveiligheid raak.

Ermelo Toyota, ‘n plaaslike onderneming wat bekend is vir hul ondersteuning aan die gemeenskap, het verlede Woensdag ‘n aansienlike kontantskenking aan die Ermelo Noodveiligheidskomitee gemaak.

In sy aanvaardigingstoespraak het die voorsitter van die veiligheidsgroep, mnr. Henry Geldenhuys, sy dank en waardering namens die groep teenoor die bestuur en personeel van Ermelo Toyota uitgespreek en gesê die skenking sal help om die volgehoue beveiliging van die groter Ermelo-gemeenskap te verseker.

Hy het het gesê dit is ‘n riem onder die hart dat sakeondernemings soos Ermelo Toyota sowel as JWL wat die vorige week ook ‘n skenking aan die Veiligheidskomitee gemaak het, die belangrikheid van gemeenskapsveiligheid raaksien en ondersteun.

Hy het ‘n beroep op ander sakeondernemings gedoen om die voorbeeld van dié ondernemings te volg.

Mnr. Koos Badenhorst, handelaarshoof van Ermelo Toyota, het op sy beurt die veiligheidskomitee en al die rolspelers bedank vir hul opoffering en bereidwilligheid om die gemeenskap van Ermelo en omliggende dele by te staan om misdaad te help bekamp.

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button