JWL ondersteun veiligheid

"Gemeenskapsveiligheid raak ons almal."

Die Hoëveldstreek-veiligheidsfonds het verlede Woensdag tydens ‘n kort geselligheid by die TLU Oosstreekkantoor ‘n ruim kontant-skenking ten bedrae van R40 000 van die plaaslike sakeonderneming JWL ontvang.

Die geld sal deur die Ermelo Noodkomitee aangewend word om die voortgesette veiligheid op plase en in die dorpsgebiede te verseker deur toerusting en kommunikasiestelsels aan te skaf.

“Gemeenskapsveiligheid raak ons almal, daarom het ons waardering vir dit wat die lede van die veiligheidsgroepe, nie net vir ons boere nie, maar ook vir ons as dorpsgemeenskap doen. Ons besef dit kos geld om ‘n veiligheidsinstansie soos dié aan die gang te hou, daarom het ons besluit om die skenking te maak uit waardering vir wat hulle doen om die samelewing vir ons ‘n veiliger plek te maak,” het mnr. Werner Nel van JWL gesê.

Hy het ook die boere bedank wat JWL ondersteun en gesê dit is hulle wat die ondernemiming in staat gestel het om die bydrae te maak.

Mnr. Henry Geldenhuys het namens die verskillende veilgheidsinstansies sy dank en waardering teenoor JWL uitgespreek vir die skenking.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version