Local newsNewsSport

Brandon maak Ermelo trots

Oud-Errie dra 19 punte by tot die Junior Springbokke se oorwinning van 46 -13 oor Australia.

Die SA Junior Springbokke het Australia Woensdag met 46 punte teenoor 13 oorrompel in ’n kwarteind-wedstryd van die 0/20 Junior Rugby Wêreldbekertoernooi wat tans in Frankryk gespeel word.

Brandon Thompson, ’n oud-leerling van Hoërskool Ermelo was een van die uitblinkers tydens die wedstryd en het 19 punte vir die Bokkies bygedra.

Brandon, wat as losskakel uitgedraf het, het ’n drie gedruk, vier drieë verdoel en twee strafskoppe oorgeskop. Hy het reeds op skool as rugbyspeler uitgeblink en was ’n staatmaker in die Erries se eerste span.

Die Junior Bokkies kom eerskomende Maandag teen Engeland in ’n halfeind-wedstryd teen Engeland te staan.

Related Articles

Back to top button