Local newsNews

Hondediefstal wek kommer

Wat hulle daar gevind het, was ontstellend. Die Staffie was met 'n ketting aan 'n boomstomp wat in die sementvloer ingeplant is, vasgemaak en daar was geen teken van die ander honde nie.

EARS was weer die slagoffer van vandalisme en hondediefstal, maar diƩ keer is die motief moontlik meer duister.
Raadop, met bloedrooi-gehuilde oĆ«, het ‘n emosionele RonĆ©l van der Merwe, voorsitter van EARS, van die gebeure in die laaste paar weke vertel.

Volgens RonƩl is die drade by die hokke verlede Vrydagaand weer geknip, glo nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

Hulle het vyf honde vermis en dadelik begin soek in die hoop dat hulle dalk iewers buite rondloop, omdat een van die vermiste honde, ‘n Staffie, ‘n reputasie vir rondloop het.

Hulle moed het in hul skoene gesak toe twee mense wat in die nedersetting naby die hokke woon, hulle ingelig het dat hul weet waar die honde was.Ā Met die polisie en Acsu aan haar sy, is RonĆ©l na diĆ© adres. Ā Op die oog af het niks verdag gelyk nie en die eienaar van die huis het ontken dat hy enigsins iets van die honde weet.

Op die werf was ‘n plakkershut wat met ‘n slot gesluit was en dit het RonĆ©l agterdogtig gemaak.Ā Sy het toe herhaaldelik en kliphard op sy naam na die Staffie geroep, wat met ‘n getjank uit die hut begroet is.

Die man is toe aangesĆŖ om die hut oop te sluit.Ā Wat hulle daar gevind het, was ontstellend.Ā Die Staffie was met ‘n ketting aan ‘n boomstomp wat in die sementvloer ingeplant is, vasgemaak en daar was geen teken van die ander honde nie.

NĆ” lang gesprekke tussen haar metgeselle en die huisbewoner in Zoeloe, ‘n taal wat RonĆ©l nie magtig is nie, het die man die hond aan haar teruggegee.

‘n Buurman het glo gesĆŖ die honde word vir hondegevegte verkoop en volgens die informante wat hulle na die huis gelei het, is “die mense kwaad vir julle. want julle vat nou hulle geld weg”.Ā Daar is ‘n gerug dat tot R500 per hond by aflewering betaal word.

Die polisie het RonƩl gewaarsku om vir haar eie veiligheid nie alleen na die hokke toe te gaan nie, ingeval daar wel iets duisters aan die gang is.

Intussen het RonƩl en ander vrywilligers begin om elke aand die omgewing te patrolleer en volgens haar, doen Acsu en die polisie dit ook gereeld.

Die trane begin weer in RonĆ©l se oĆ« opdam en met ‘n hees stem vertel sy verder: “Hulle het gisteraand (verlede Sondag) weer die drade op drie plekke geknip en ‘n Jack Russell en varkhondkruising is weg.”

RonĆ©l haal ‘n lys uit met besonderhede van 15 honde wat in die laaste drie weke in Ermelo weggeraak het.Ā EARS spoor gewoonlik honde op wat per ongeluk uit hul eienaars se erwe gekom het, maar in diĆ© gevalle kon sy geen spoor van die vermiste honde vind nie.Ā RonĆ©l vermoed die ergste.

Met die vermiste honde wat boerboele, Staffies, Jack Russells, veghonde en Rottweilers insluit, kan sy nie anders nie as om tot die slotsom te kom dat die honde vir hondegevegte gesteel word.

Daar is egter geen bewyse vir haar vermoede dat die honde gesteel word nie.

Diere-eienaars kan voorsorg tref om hul diere te beskerm deur seker te maak hul honde veilig toegemaak is. Diere wat mikroskyfinplantings het, kan maklik geĆÆdentifiseer word.

As diere uit erwe verdwyn en die eienaars vermoed dat gedwonge toegang verkry is, moet hulle die polisie in kennis stel.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times,Ā Standerton AdvertiserĀ &Ā Highvelder

”Like” ons opĀ FacebookĀ en volg ons opĀ Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM ā€“ 2667A726

WhatsApp ā€“Ā 0748877590

Related Articles

Back to top button