NewsSchools

JJ maak die regte skuiwe

Laerskool JJ van der Merwe se skaakpelers het verlede week die regte skuiwe in twee onderskeie toernooie gemaak.

Laerskool JJ van der Merwe se skaakspelers het verlede Woensdag in Breyten aan die ope skaaktoernooi deelgeneem.

In die 0/9-afdeling het Jan-Maarten van Schalkwyk al vyf sy wedstryde gewen en met ’n eerste plek weggestap. Steven Swartz het derde geëindig met vier wedstryde uit vyf gewen. Die span was eerste in dié afdeling. Die 0/11’s het ook hulle afdeling gewen met Otto van Schalkwyk eerste met vyf uit vyf en Edrich Beyer derde met vier uit vyf.

Mark Masilela (0/13) het vier uit vyf gewen en die derde plek verower. Dié span het vierde gegeëindig.

Die munisipale skaakliga vind Saterdag by Laerskool JJ van der Merwe plaas. Msukaligwa 1, Msukaligwa 2 en Breyten se skaakspelende skole neem deel.

Broers Otto en Jan-Maarten van Schalkwyk het Sondag aan die Gert Sibande-skaaktoernooi in Secunda deelgeneem.

Albei het as toernooiwenners in hul onderskeie ouderdomskategorieë uit die stryd getree. Otto was die wenner in die 0/12-afdeling met vyf uit vyf en Jan-Maarten het in die 0/10-afdeling koning gekraai nadat hy ook al vyf sy wedstryde gewen het.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button