GalleriesNewsSchoolsSchools galleriesSports galleries

Ermelo skole in Derby-stryd

Die Erries en die Liggies het mekaar Saterdag in hulle jaarlikse wintersport-ligakragmeting op die EHS se tuisveld gepak.

 

Die Erries en die Liggies het mekaar Saterdag in hulle jaarlikse wintersport-ligakragmeting op die EHS se tuisveld gepak.

Die eerste rugbyspanne het in ’n klipharde en spannende wedstryd met 15-15-gelykop gespeel.

Albei spanne het ’n doel,drie en strafdoel aangeteken.
Die Liggies het die gelykmakende punte met hul kenmerkende eindpoging in beseringstyd behaal nadat die Erries rustyd 10-0 en in ’n stadium van die tweede helfte 15-3 voorgeloop het.

Pieter Bekker en JG Serfontein, elk ’n drie en Leon Visser ’n doelskop en strafdoel, het die Erries se punte aangeteken.

Vir die Liggies het Buks de Bruyn en Henry-Paul Potgieter gaan druk terwyl Gert Cronjé die skoppunte bygevoeg het.

Ligbron se tweedespan het ’n oorwinning van 22-13 behaal terwyl die derdes 12-7, die 0/16A’s 34-15 en die 0/14A’s 39-12 geseëvier het.
Die Erries se 0/15A-span het 24-20 koning gekraai.

In die B-ligas het Ligbron skoonskip gemaak, die tellings: 0/16B 37-0, 0/15B 51-0 en die 0/14B’s 50-0.

Op die hokkievelde het die dogters A-spanne mekaar die stryd aangesê, anders as op die rugbyveld het die Erries hiér die oorhand gehad.
’n Doel deur Carla da Silva het die Erries se 1-0 oorwinning in die eerstespan wedstryd verseker.

Die Erries se tweedespan het ’n 1-0 oorwinning behaal terwyl die 0/15A’s 1-0 en die 0/14A-span 8-0 gewen het.
Die Liggies se o/16A’s het hul wedstryd 2-1 gewen.

Die EHS reis die naweek na Standerton vir hul laaste ligawedtryd in die jaar se kompetisie en Ligbron speel teen Hoërskool Pionier in Vryheid.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button