EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Venster tot vrou-wees

Gasspreker Lynette Beer het gepraat oor "venster tot vrou-wees".

Ermelo Tuinbouklub, Tuine en Tossels, het Saterdag ’n suksesvolle damesoggend aangebied ten bate van die SAVF-Huis, Ermelo.
Gasspreker Lynette Beer het gepraat oor “venster tot vrou-wees” en die vroue kan steeds nie daaroor uitgepraat raak nie.
Dit was ook die vrystelling van ’n nuwe kinderboek geskryf deur Antoinette Steyn en Lynette Beer en al die illustrasies en uitleg is deur Meri Kruger gedoen.
Ds. André Vermeulen het ook ’n mooi booskap aan die vroue gebring, “Die Here het vrouens spesiaal gemaak.”
Stephan Stolz en Marietjie van Rooyen het gesorg vir bobaas-vermaak.
Die oggend was ’n groot sukses met 120 kaartjies wat verkoop is. R3 000 wins is gemaak en sal aan die SAVF oorhandig word.
Estelle Vermaak, voorsitter van die Tuinbouklub, bedank graag hul hoofborg, Nashua, wat die kaartjies gratis gedruk het, M&E Vehurings en Anna Zivny vir die plantuitstalling in die portaal.
“Dankie aan al ons ondersteuners; dit was werklik ’n dag om te koester,” het sy bygevoeg.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button