Erries speel in Tuksreekseindstryde

Die eindrondes van vanjaar se Tuksreeks het Saterdag by Tukkies se sportkampus plaasgevind.

Die eindrondes van vanjaar se Tuksreeks het Saterdag by Tukkies se sportkampus plaasgevind.
Op die rugbyveld het die 0/14-span van EHS wat tot kort voor die eindfluitjie voorgeloop het, hul wedstryd 17-10 teen Vereeniging Gimnasium verloor.
In ’n naelbytstryd teen Hoërskool Klerksdorp het die 0/15’s 19-17 gewen. Ná ’n stadige eerste helfte, het die O/16’s in die tweede helfte met prag-hardlooprugby vlamgevat teen Hoërskool Centurion en die wedstryd 24-10 in hul guns beklink.
Die Erries se eerste span het teen Marais Viljoen vasgeval en 10de uit die 16 skole geëindig.
Die Errie-dogtershokkiespanne het goeie rekenskap van hulself gegee.
Die 0/14A-spa n het silwermedaljes verower nadat hulle 3-1 in die eindstryd teen Hoërskool Garsfontein verloor het.
Die 0/15A ‘s is die wenners van die Skildtrofee ná hul 3-0-oorwinning teen Hoërskool Klerksdorp. Hulle het algeheel negende in dié reeks geëindig.
Die 0/16A-span het gelykop (2-2) teen Hoërskool Nelspruit gespeel en algeheel vyfde gleëindig. Hulle deel die Plaattrofee met die Nellies.
Ná ’n taai wedstryd teen Hoërskool Transvalia, moes die eerste span met die telling op 1-2 die aftog blaas.
Hulle is algeheel tweede in die reeks en het elk ’n silwermedalje ontvang.
Die seunshokkie-eindrondes het by die LC de Villiers Stadion in Pretoria plaasgevind.
Die 0/16A-span het hul wedstryd 1-2 teen Hoërskool Pietersburg verloor en sesde in die reeks geëindig.
Die 0/14A’s het hul eindstryd teen Hoërskool Florida met 2-1 in hul guns beklink en algeheel sewende geëindig.
Met die rustyd-telling op 1-1, het die Erries se eerste seunspan in die laaste 10 minute van die wedstryd teen Hoërskool Pietersburg ’n haas uit die hoed getrek en nog drie doele geskiet.
Die Erries het die wedstryd 4-1 gewen. Willem van der Merwe, Eswee Bothma, Mark Gardiner en Heinrich de Beer was die doelskieters.
Die span het vyfde uit 16 skole geëindig en is die plaatwenners.Saterdag begin die ligawedstryde in alle erns teen Hoërskool Hoogenhout op Bethal waar die eerste rugbyspan ook hul jaarlikse FNB Classic Clash-wedstryd sal speel.

Die wedstryde begin om 08:00 met die eerste rugbyspan wat om 12:15 op die veld draf.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version