NewsSchool sportSchoolsSport

Erries speel in Tuksreekseindstryde

Die eindrondes van vanjaar se Tuksreeks het Saterdag by Tukkies se sportkampus plaasgevind.

Die eindrondes van vanjaar se Tuksreeks het Saterdag by Tukkies se sportkampus plaasgevind.
Op die rugbyveld het die 0/14-span van EHS wat tot kort voor die eindfluitjie voorgeloop het, hul wedstryd 17-10 teen Vereeniging Gimnasium verloor.
In ā€™n naelbytstryd teen HoĆ«rskool Klerksdorp het die 0/15’s 19-17 gewen. NĆ” ā€™n stadige eerste helfte, het die O/16ā€™s in die tweede helfte met prag-hardlooprugby vlamgevat teen HoĆ«rskool Centurion en die wedstryd 24-10 in hul guns beklink.
Die Erries se eerste span het teen Marais Viljoen vasgeval en 10de uit die 16 skole geƫindig.
Die Errie-dogtershokkiespanne het goeie rekenskap van hulself gegee.
Die 0/14A-spa n het silwermedaljes verower nadat hulle 3-1 in die eindstryd teen Hoƫrskool Garsfontein verloor het.
Die 0/15A ‘s is die wenners van die Skildtrofee nĆ” hul 3-0-oorwinning teen HoĆ«rskool Klerksdorp. Hulle het algeheel negende in diĆ© reeks geĆ«indig.
Die 0/16A-span het gelykop (2-2) teen Hoƫrskool Nelspruit gespeel en algeheel vyfde gleƫindig. Hulle deel die Plaattrofee met die Nellies.
NĆ” ā€™n taai wedstryd teen HoĆ«rskool Transvalia, moes die eerste span met die telling op 1-2 die aftog blaas.
Hulle is algeheel tweede in die reeks en het elk ā€™n silwermedalje ontvang.
Die seunshokkie-eindrondes het by die LC de Villiers Stadion in Pretoria plaasgevind.
Die 0/16A-span het hul wedstryd 1-2 teen Hoƫrskool Pietersburg verloor en sesde in die reeks geƫindig.
Die 0/14A’s het hul eindstryd teen HoĆ«rskool Florida met 2-1 in hul guns beklink en algeheel sewende geĆ«indig.
Met die rustyd-telling op 1-1, het die Erries se eerste seunspan in die laaste 10 minute van die wedstryd teen HoĆ«rskool Pietersburg ā€™n haas uit die hoed getrek en nog drie doele geskiet.
Die Erries het die wedstryd 4-1 gewen. Willem van der Merwe, Eswee Bothma, Mark Gardiner en Heinrich de Beer was die doelskieters.
Die span het vyfde uit 16 skole geƫindig en is die plaatwenners.Saterdag begin die ligawedstryde in alle erns teen Hoƫrskool Hoogenhout op Bethal waar die eerste rugbyspan ook hul jaarlikse FNB Classic Clash-wedstryd sal speel.

Die wedstryde begin om 08:00 met die eerste rugbyspan wat om 12:15 op die veld draf.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times,Ā Standerton AdvertiserĀ &Ā Highvelder

”Like” ons opĀ FacebookĀ en volg ons opĀ Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM ā€“ 2667A726

WhatsApp ā€“Ā 0748877590

Related Articles

Back to top button