Musiek vloei in Liedjieboer se are

Om as wenner van Liedjieboer 2015 aangewys te word, is beslis vir hom die hoogtepunt.

Stephan Stoltz, De Brug Liedjieboer 2015, is nie ‘n vreemdeling as dit by vermaak kom nie.

Stephan het in Pretoria grootgeword, ná skool verder in spyseniering studeer en ook sy gr.7 ALMSA-eksamen geslaag.

In 2013 het Stephan na Ermelo verhuis en werk tans as spysenieringsbestuurder by Mediclinic Ermelo.

Stephan vertel dat hy van jongs af al ‘n liefde vir sang het en het glo al in die kleuterskool voor gehore gesing.

Hy het sangonderrig by Chris Coetzer, van Drie Tenore-faam, ontvang en speel reeds van 10-jarige ouderdom klavier.

In 2012 het Stephan aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Eisteddfod deelgeneem en is as katagoriewenner aangewys .

Hy het ook as katagoriewenner weggestap in ‘n Christa Steyn- sangkompetisie.

Hy is tans deel van Engelstem-produksies wat gereeld in Ermelo optree.

Maar om as wenner van Liedjieboer 2015 aangewys te word, is beslis vir hom die hoogtepunt tot dusver.

Stephan, wat al aan baie sangkompetisies deelgeneem het, vertel dat hy oopkop in die kompetisie ingegaan het en dat sy verwagtinge nie groot was nie.

Hy het ingeskryf met die doel om ondervinding op te doen en elke oomblik te geniet.

Groot was sy verbasing toe hy as wenner aangekondig is.

Volgens Stephan is die kompetisie moeilik gemaak deur liedjies wat aan die sangers voorgeskryf is en hulle uit hul gemaksones moes optree.

Stephan is lief vir ligte klassieke musiek, jazz en kabaret en hoop om eendag sy passie vir musiek uit te leef deur ‘n a capella-groep te stig.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version