Local newsNews

EARS waardeer hulp van ver

Louis Kempen en 'n paar lede van Little Paws Big Hearts in Secunda het die pad Ermelo toe aangepak met kos vir die diere by EARS.

EARS van Ermelo het Saterdag besoek en ondersteuning uit ‘n onverwagse oord ontvang.

Louis Kempen en ‘n paar lede van Little Paws Big Hearts in Secunda het die pad Ermelo toe aangepak met kos vir die diere by EARS.

Little Paws Big Hearts (LPBH) is ‘n nie-winsgewende organisasie in Secunda wat uitreik na diere in minder-bevoorregte woongebiede.

Hulle slaan letterlik elke tweede week kamp op in ‘n woongebied waar hulle tot honderd honde daagliks diens en 225kg kos vir die vierpotiges versprei.

Louis vertel dat hulle van EARS se noodroep te hore gekom het toe hy een oggend in sy motor gereis het en die radiostasie waarna hy geluister het, sein verloor het.

In sy soektog na ‘n ander stasie, het hy toevallig op Radio Kragbron ingeskakel terwyl daar nuus van Ermelo was..

Dis toe dat hy gehoor het van die diere se nood in dié dorp en dadelik geweet het dat hulle na EARS moes uitreik.

Louis het die kantore van die Hoëvelder geskakel om meer uit te vind oor EARS en hoe om met hulle in verbinding te tree.

Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, en die groep van LPBH het lekker gesels oor die diere en idees uitgeruil.

Ronél is baie dankbaar vir LPBH se onbaatsugtige belangstelling en skenking van 150 kg hondekos en agt pakke katkos.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button