Community galleriesGalleriesLocal newsNews

FOTO GALLERY – De Brug Liedjieboer 2015

Stephan Stoltz is verlede Woensdag gekroon as Ermelo se eerste Liedjieboer.

Stephan Stoltz is verlede Woensdag gekroon as Ermelo se eerste Liedjieboer.

De Brug het die kompetisie in samewerking met Angie de Jager aangebied en amateur-sangers is die geleentheid gebied om hul talent ten toon te stel.

Die kompetisie was van hoë gehalte en ’n cd-kontrak op die spel het gesorg vir ’n naelbytfinaal.

Die ses finaliste het elk drie liedjies gesing en die beoordelaars, Theresa Jacobs, Wilhelm Burmeister, bekende sanger Pieter Naudé en Angie de Jager, het nie ’n maklike taak gehad nie.
Maar dit was Stephan Stoltz wat die beoordelaars beïndruk het en hy het cd-kontrak en titel as Liedjieboer 2015 ingepalm.

Theo Naudé was in die tweede plek .

Stephan se prys behels ’n tien-eksemplaar demo-cd met drie liedjies en omslag. Andrew Roos sal die opname maak en Juanita Records sal vir die mastering verantwoordelik wees.

Hy het ook ’n fotosessie van ADJ Photography gewen.

Theo wen ook ’n opname, maar met slegs twee snitte, sowel as ’n fotosessie van ADJ Photography.

Volgens Freda Kotzé, eienaar van De Brug, sal die geld wat tydens die kompetisie geïn is, bydra tot haar insamelingsprojek om Morgenzon Landbou Akademie se seunskoshuis op te knap.

R19 000 van die beoogde R30 000 is reeds ingesamel en ’n wildsbok, geskenk deur Anél Moolman en wat vir R4 000 aan Frank Pascoe opgeveil is, het ook tot die bedrag bygedra.

Angie bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning wat bygedra het tot die sukses van Liedjieboer se eerste seisoen.

Sonder borge wat vrylik gegee het, sou dit ook nie moontlik gewees het nie en Angie bedank Gerrie de Jager, ADJ Photography, Frank Pascoe, Anél Moolman, Jimmy en Marcel Stonehouse, Theresa Jacobs en Wilhelm Burmeister.

’n Spesiale dank aan Freda en Johan Kotzé, Hansie Kruger en Pieter Naudé.

Related Articles

Back to top button