Local newsNews

Lovie vier 77ste verjaarsdag

"Lovies, ek word volgende jaar "seventy eight", dan moet julle weer kom en dan neem ons weer kiekies,"

Gertie “Lovie” de Wet, inwoner van die SAVF-Hhuis in Ermelo, het Saterdag haar 77ste verjaarsdag gevier.

Uitgevat in ’n deftige rok, met geverfde vingernaels en haar gunsteling pop in die arms, glimlag sy breed en sing saam met die groepie mense in haar kamer wat kom inloer het met verjaarsdagwense.

Lovie het lekker gesels en almal het ’n beurt gekry om langs haar op die bed omring met geskenke en eetgoed te sit, terwyl sy stories vertel van die foto’s en koerantuitknipsels teen haar kamermure.

Lovie het die kuier terdeë geniet en nadat daar nog ’n hele paar fot’os vir die muur geneem is, was dit tyd om te groet.

“Lovies, ek word volgende jaar “seventy eight”, dan moet julle weer kom en dan neem ons weer kiekies,” was Gertie wat duidelik uitsien na haar volgende verjaarsdag se groetwoorde.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button