Tuinbouklub geniet Hendrina-uitstappie

Ermelo tuinbouklub besoek pragtuine in Hendrina.

Vir die dames van Ermelo tuinbouklub was verlede week se uitstappie na Hendrina voorwaar ‘n ondervinding.

Twee pragtuine is besoek waarna Jan Meyering die dames hul gastehuis se tuin wat hy en sy vrou self ontwerp en uitgelê het gaan wys het.

Nadat hulle die tuine verken het ,het die dames verversings by Antiek Sjiek geniet.

Die tuinbouklub reël 16 Mei ‘n dames-oggend saam met Lynette de Beer wat ‘n motiveringspraatjie by die Dienssentrum gaan lewer.

Die tema van die praatjie: “hoe om positief ons families kinders, man en vriende, gemotiveerd te hou met al die uitdagings in vandag se samelewing”
Winste sal aan die SAVF huis geskenk en aangewend word om die tehuis uit te verf.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version