Local newsNews

Musiek betower op Wakkerstroom

Die rustigheid van Wakkerstroom, 'n klein dorpie, het die afgelope naweek plek gemaak vir talle besoekers vanaf Ermelo, omliggende dorpe en selfs Gauteng. Die Wakkerstroom Musiekfees is vir die vyfde jaar aangebied en volgens besoekers met wie die Hoëvelder gesels het, was die musiek en sang van

Die rustigheid van Wakkerstroom, ‘n klein dorpie, het die afgelope naweek plek gemaak vir talle besoekers vanaf Ermelo, omliggende dorpe en selfs Gauteng.

Die Wakkerstroom Musiekfees is vir die vyfde jaar aangebied en volgens besoekers met wie die Hoëvelder gesels het, was die musiek en sang van die hoogste gehalte.

Klanke van Baroque tot Bartók, Jazz, Mozart en vele meer het die kerke in die dorpie gevul.

‘n Harp-trio en wiegeliedjies gesing deur Gretel Coetzee, oorspronklik van Ermelo, het baie aftrek geniet.

Die Hoëveld Jeugkoor waarvan baie lede van Ermelo afkomstig is onder leiding van Theunis Botha was maar net een van die kore wat daar opgetree het.

Die Schumann-duette en Mozart goes to the Movies het die gehore op hul voete gehad.

“Dit is beslis die moeite werd om van Johannesburg na Wakkerstroom te reis om hierdie besondere musiek en sang te geniet,” het ‘n besoeker gesê.

Winkeltjies wat van die oudste oudhede tot die nuwerwetste artikels en klere te koop aanbied, het ook groot byval gevind.

Die kerkies met hul loodglasvensters het baie mense na hul kameras laat gryp om die pragtige prentjies vir altyd vas te lê.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button