GeneralNews

O, koek, hier kom ‘n ding!

Gekroon as die Hulletts Koeksisterkoningin 2014 en nou 'n deelnemer aan die kykNet-program Koekedoor, is Gerda voorwaar een van Ermelo se trotse ambassadeurs.

As dit kom by gebak, het Gerda Swanepoel geen bekendstelling nodig nie.

Gekroon as die Hulletts Koeksisterkoningin 2014 en nou ‘n deelnemer aan die kykNet-program Koekedoor, is sy voorwaar een van Ermelo se trotse

ambassadeurs.

Met die eerste week van die program agter die rug, kan kykers uitsien na die volgende 12 weke se bak en brou en Gerda volg op haar reis na “Koekedoordom”.

Gerda sal elke Vrydagoggend die gebak wat sy op die vorige aand se episode gemaak het in haar winkel beskikbaar hê vir almal wat wil kom proe.

Dit kan nie anders nie: kyk elke Donderdag om 20:30 op DSTV kanaal 144 hoe Gerda Ermelo se naam hoog hou en stap die Koekedoor-pad saam met haar.

Daar wag glo nog baie verrassings op kykers.

Vir video’s en opsommings van episodes, deelnemers en die beoordelaars, gaan besoek gerus Koekedoor se Facebook-blad.

Dié blad kan ook geraadpleeg word vir tye van heruitsendings.

Lees meer oor Gerda se koekedoor ondervinding in dié week se uitgawe van die Hoëvelder.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button