Afrigters voeg daad by die woord

Dit was vreemd om soms te hoor hoe hoërskoolkinders van 'n stampvol pawiljoen af skree: "Tackle hom, Pa!" wanneer die "oumanne met kort asems" die jonges aangedurf het.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se Afrigters 15-tal het Vrydagaand daad by die woord gevoeg en in ‘n rugbywedstryd teen ‘n Dorp 15-tal van oud-Liggies gewys dat hulle nie net “orders” kan gee nie, maar dit ook kan uitvoer.

Dit was vreemd om soms te hoor hoe hoërskoolkinders van ‘n stampvol pawiljoen af skree: “Tackle hom, Pa!” wanneer die “oumanne met kort asems” die jonges aangedurf het.

Op een tydstip was mnr. Kobus Stander van Ligbron en sy twee seuns teenstanders op die veld.

Die wedstryd waar die punte, ‘n 10 -0-oorwinning vir die afrigters, nie saak maak nie, maar tog vir “bragging rights” bekend gemaak moet word, is gereël as ‘n voorloper tot die rugbyseisoen wat dié Saterdag in alle erns afskop wanneer die Liggies Hoërskool Jan Viljoen op hul tuisveld pak.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version