Local newsNews

Nuwe manier om slaggate aan te meld

Meld slaggate aan in 30 sekondes.

SECUNDA – Ogaats is ’n privaat inisiatief wat onlangs ’n eenvoudige mobiele webblad beskikbaar gestel het om slaggate en ander pad- en stormwater verwante foute anoniem aan te meld.

Volgens die netwerk kan ’n slaggat nou in 30 sekondes aangemeld word.

Ogaats gebruik gebied-gebaseerde data asook ’n foto wat jy met jou kamerafoon kan neem, om die inligting direk na die regte departement te stuur.

Dit haal die raaiwerk uit die proses en maak die dit heeltemal deursigtig.

Al wat jy nodig het, is ‘n kamerafoon of rekenaar en toegang tot die internet.

Die fokus is op die gebruiker en daarom behoort dit jou nie langer as 30 sekondes te neem om ‘n fout te aan te meld nie.

Die webtuitse bedien 226 munisipaliteite landwyd.

Volgens mnr. Pierre du Toit, skakelbeampte van Ogaats se sosiale blad, is hulle besig met ’n slaggatprojek om bewustheid te kweek en dit lewer tot dusver goeie resultate op.

Besoek, www.Ogaats.co.za vir verdere inligting.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

Related Articles

Back to top button