Local newsLocal sportNewsSport

Chanté dra nóg ‘n gholfkroon

Jong gholfster van Ermelo skryf nóg 'n titel agter haar naam.

Chanté Boonstra, Ermelo se jong gholfster, het Vrydag nóg ‘n gholfprestasie agter haar naam geskryf toe sy die Middelburg Vroue Ope Gholftoernooi op Middelburg gewen het.

Chanté, ‘n gr. 9-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, het ‘n gros-telling van 78 houe oor die18 putjies aangeteken en sodoende met vele gesoute senior spelers afgereken.

Dié 14-jarige Chanté het op nege begin gholf speel en het reeds van vroeg af gewys dat sy groot hoogtes in dié sportsoort gaan bereik.

Sy het reeds op11-jarige ouderdom haar Mpumalanga-kleure verwerf en is ook Ermelo Gholfklub se huidige vroueklubkampioen.

In 2013 het sy as lid van die SA Kids-gholfspan na Skotland gereis en in die World Kids-golftoernooi op die bekende Dullain-gholfbaan gespeel.

Chanté is ook dié week in kennis gestel dat sy tans die 30ste plek op die SA WGA (SA Women’s Gholf Association) se junior ranglys beklee.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button