Local newsLocal sportNewsSport

Besigheidsliga weer in volle swang

Ermelo Rolbalklub se jaarlikse gewilde besigheidsliga het verlede week begin

Ermelo Rolbalklub se jaarlikse gewilde besigheidsliga het verlede week begin.

28 spanne van veskillende ondernemings is in twee groepe verdeel wat Dinsdag- en Donderdagaande teen mekaar meeding.

Dié jaar het van die ou bekendes weer ingeskryf, maar daar is ook heelwat nuwe spanne wat vanjaar kom saamrol.

Dinsdagaande kan die spanne van Ligbron Alumni, Ermelo Fitment Centre, die Underdogs A, The Brits, Nashua Highveld, UD Trucks, F.C. Benecke, die Underdogs B, GS College, PWG Prokureurs, Toyota, Ball Busters, Ouma Rooi en NWKV in aksie gesien word.

Die spanne wat Donderdagaande teen mekaar speel, is die Glippertjies, Ermelo Fire & Signs, Ermelo Vleismark (verdedigende kampioen), die Hoëvelder, Laerskool Ermelo, Industrial Welding & Mining, Brakecore B, Bekker Brink & Brink, Iveco, Brakecore A, die Tande Trekkers, die Boere, Fanie en De Wit Motors.

Ná die eerste week se spel is NWKV die voorlopers in die Dinsdaggroep en Brakecore B bo in die Donderdaggroep.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button