Leerders sê hul sê

37 Sprekers het aan Laerskool JJ van der Merwe se redenaarsaand deelgeneem.

Laerskool JJ van der Merwe het Donderdag ‘n redenaarsaand aangebied.

37 Sprekers van gr. 2 – 7 het deelgeneem en die gr 6 en 7 leerders moes hul eie toesprake wat 3 minute lank is voorberei.

Die tema was “TV is die rede waarom kinders nie meer lees nie.”

Die eerste twee sprekers in elke afdeling neem 6 en 7 Maart aan die super 12 kompetisie deel en al die sprekers neem die week daarna aan die ATKV kompetisie deel.

Die skool benodig nog ´n borg vir die redenaars, enige persoon wat ´n bydrae wil maak kan mnr. Matthee by 017 811 5954 skakel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

 

 

Exit mobile version