EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Die Campbells glad nie bietjie lam

Ermelo is die afgelope Saterdagaand in ‘Cowboy Country’ omskep toe die gewilde Campbell-broers voor ’n waarderende gehoor in ’n stampvol skousaal opgetree het.

Ermelo is die afgelope Saterdagaand in ‘Cowboy Country’ omskep toe die gewilde Campbell-broers voor ’n waarderende gehoor in ’n stampvol skousaal opgetree het.

Oud en jonk het tot laataand vrolik gedans en heupe geswaai en die gewildheid van die twee singende broers was deurgaans sigbaar.

Bekende liedjies soos “Bietjie Bietjie Lam”, “Rooi Rok Bokkie”, “Daar’s iets innie water”, “Honderd Jaar” en vele meer het die gehoor se voete laat jeuk.

Die organiseerders kan met reg trots wees op die puik reëlings en die feit dat alle kaartjies vooraf uitverkoop is, het voorspel dat die aand ’n reuse-sukses sou wees.

Daar is ook baie moeite gedoen met die voorbereidings en een en almal het die aansit-ete geniet.

Die aand is gereël ten bate die Droom Groot-projek waarby behoeftige kinders van Laerskool Breyten in besonder sal baat. ’n Skenking is ook gemaak aan Laerskool JJ van der Merwe se Koskas-projek.

Die organiseerders bedank graag al die borge en almal wat bygedra het om die aand ’n sukses te maak.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button