Willie blink uit op toer

Willie Greyling van Hoërskool Ermelo was lid van die SA Bokkies 0/14-sewesrugbyspan wat tydens die Desembervakansie in Nederland en België getoer het.

Willie Greyling van Hoërskool Ermelo was lid van die SA Bokkies 0/14-sewesrugbyspan wat tydens die Desembervakansie in Nederland en België getoer het.

Dié span moes uiters koue weer trotseer, maar het slegs twee wedstryde wat hulle teen ’n 0/17-span gespeel het, verloor.Ná afloop van die eerste dag se wedstryde is Willie aangewys as die speler van die dag.

Tydens die toernooi het Willie, wat ook die span se skopper is, 23 drieë gedruk en altesaam 130 punte vir sy span aangeteken.

Aan die einde van die toernooi is hy as die speler van die toernooi aangewys.

Volgens Willie was dit vir hom ’n groot voorreg om teen spanne van dié twee lande deel te neem.

Exit mobile version