Local newsNews

Veiligheidswag fnuik rowers

Een rower is doodgeskiet en ’n ander het op die vlug geslaan nadat hulle op heterdaad betrap is.

Volgens die veiliheidswag wat snags die munisipale werkswinkel oppas, het hy twee mans betrap toe hulle verlede Woensdagoggend omstreeks 03:00 by dié werkswinkels ingebreek het.

Die wag beweer dat een van die mans met ’n mes en die ander met ’n boutsnyer gewapen was.

Volgens hom het een van die mans iets wat hy uit die werkswinkel verwyder het in sy hand gehad en hy het hulle dus agterna gesit toe hulle weghardloop.

Die mans het die AJ Swanepoel-stadion binne gehardloop en die wag het glo verskeie waarskuwingskote gevuur.

Volgens hom het die mans weer na hom gedraai en die een het hom met die boutsnyer aangeval. Hy het glo weer ’n waarskuwingskoot afgevuur, maar die booswig het steeds nie opgegee nie.

Die wag het nog ’n skoot afgevuur en die booswig in sy spore gestuit. Hy is op die toneel dood verklaar. Die ander man het op die vlug geslaan.

Die saak is na die Openbare Beskermer verwys om oor die lot van die veiligheidswag te besluit.

Die oorledene kon nog nie geïdentifiseer word nie en die polisie versoek dat enige persoon met inligting a.o. A.Z. Phiri by 017 819 2321 of lt N.K. Vilakazi by 082 373 8389 sal skakel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

Related Articles

Back to top button