Boere moet paraat wees

Boere vergader om kwessies rondom veiligheid op plase te bespreek.

Talle voedselprodusente het verlede Woensdag in die EHS Landbou-akademie vergader om sake rakende veiligheid op hul plase te bespreek.

Mnr. Henry Geldenhuys, nasionale voorsitter: veiligheid TLU SA, het tydens die vergadering gemeld dat boere hulself toenemend in ’n situasie bevind waar die beveiliging van mense en eiendom op plase ’n noodsaaklikheid geword het.

Dit blyk uit syfers wat onlangs deur TLU SA vrygestel is. Volgens dié syfers het 277 plaasaanvalle verlede jaar plaasgevind waartydens 67 mense vermoor is. Dit sluit boere, hul gesinslede asook plaaswerkers in. Talle mense is ook in dié aanvalle wreed gemartel en beseer en verskeie voertuie is gesteel.

In Januarie vanjaar is daar reeds 16 plaasaanvalle landwyd aangemeld waartydens agt mense vermoor is.

Mnr. Geldenhuys het ’n pleidooi gelewer aan boere wat nog nie by ’n plaaswag betrokke is nie om so gou as moontlik by een aan te sluit en paraat te wees.

“Dit is ’n werklikheid, dit is hier in ons midde en ons kan nie maak of dit nie bestaan nie. Raak betrokke en sorg dat alle veiligheidsmaatreëls in plek is. Jy is dit aan jou gesin en jou buurman verskuldig,” het hy gesê.

Lede van die verskeie plaaswagte het oor die afgelope tyd heelwat suksesse behaal. Verskeie aanvallers is aangekeer en voertuie en eiendom is teruggevind.

Boere wat nog nie by ’n plaaswaggroep ingeskakel is nie, kan mnr. Geldenhuys skakel by 083 560 1273 om die kontakbesonderhede van die naaste groep te verkry.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version