Local newsNews

Moet die Tolderia-pretdag nie misloop nie

Die tyd het aangebreek vir Ermeloërs en alle Hoëvelders om te deel in dié pretdag, enig van sy soort.

Die tyd het aangebreek vir Ermeloërs en alle Hoëvelders om te deel in’n pretdag, enig van sy soort, eerskomende Saterdag by die gewilde vakansie-oord Tolderia op die pad tussen Ermelo en Lothair.

Dié pretdag word deur albei die Hervormde gemeentes van Ermelo aangebied en bied aktiwiteite soos ’n swartbaar-oewerhengelkompetisie, bootritte, watersport, ’n 4×4-pretrit, wildbesigtingingsrit, foefieglybaan, vliegtuigritte, 10 km-pretdraf, 5 km-stap, bergfietswedren, fotokompetisie en vele meer.

Thys die Bosveldklong sal almal vermaak met sy sang en spitsvondigheid.

’n Mini-lugskou is ook by die program gevoeg en vliegtuig-entoesiaste kan om 12:00 en 16:00 naderstaan vir die lugvertoning.

Tussendeur kan ’n verskeidenheid uitstallings besigtig word, terwyl ’n groot verskeidenheid kosstalletjies die honger sal stil en die dors in die biertuin geles kan word.

Toegang is R70 (volwassenes) en R30 (skoliere). Dit sluit toegang tot die oord, uitstallings en gaskunstenaar in. Ander aktiwiteite is opsioneel.

Toegangskaartjies is beskikbaar by die hekke en Tuiskoop.

Vir uitstallings of navrae, skakel André by 082 417 0174, Johan by 084 514 1092 of Piet by 082 212 7436.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button