Local newsNews

Slim vang dié vindingryke baas nie

Vindingryke boer van Ermelo voeg nog 'n selfvervaardigde implement tot sy reeks veeldoelige plaasimplemente.

Jannie Myburgh, die bekende “Pienk Hark”- en trekker-vurkhyser-boer van Ermelo het onlangs ’n nuwe toevoeging tot sy reeks indrukwekkend veeldoelige plaasimplemente aangebring.

Dié keer het hy ’n driedubbele baalvurk vervaardig wat aan ’n trekker gekoppel word en drie hooibale met een slag kan optel en vervoer. Die baalvurk stel die operateur dus in staat om die werk van drie trekkers te kan verrig wat vir die boer groot besparings in lopende kostes teweeg bring.

Die baalvurk wat met gemak aan ’n 53kW 4×2-trekker gemonteer kan word, werk sonder ’n “toplink” en het altesaam ses ronde 40mm-staalpenne wat op grondhoogte, twee per baal, onder die baal inskuif en optel sonder om die net te beskadig.

Die drie bale word dus netjies opgelaai en weer op ’n bepaalde plek neergesit. Omdat die bale ewe ver uitmekaar gestoor word, kan die operateur drie bale weer gelyktydig optel om gelaai of vervoer te word.

Die beraamde besparing wat daar byvoorbeeld met ’n 53kkW 4×2-trekker behaal kan word, is sowat R2 750 per dag.

“Met die stygende insetkoste en lone van ’n boerdery is dit noodsaaklik om slim en besparend te boer. Ek dink deurentyd aan maniere om koste te bespaar en die werk op die plaas makliker te maak. Ek hou nie daarvan om hard te werk nie. Ek glo ’n mens moet net slimmer werk,” het hy met ’n glimlag gesê.

Jannie het al al verskeie toekennings by die Nampo-Oesdag vir sy uitvindsels ontvang.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

 

Related Articles

Back to top button