Local newsNews

Kom woon swangerskapdag by

Swanger vroue word genooi om te deel in mediclinic Ermelo se inligtingsdag.

Mediclinic Ermelo bied op 24 Februarie hul jaarlikse swangerskapdag aan.

Die verrigtinge duur van 09:30 tot 13:00 in die doktersblok van die hospitaal.

Bywoning is gratis.

Swanger vroue sal ingelig word oor hospitaalbesprekingprosedures (Marena Loots), die laaste vier weke van swangerskap (dr. Shantel Foster), ontwikkeling van baba van geboorte tot drie maande (dr. Esté Roux), borsvoeding (sr. Leonie Visagie), geboorteprosesse (sr. Marina Greeff en sr. Alta Oosthuizen) en CPR (Cardiopulmonary resuscitation) as baba verstik of verdrink, sal deur sr. Selma Grobler aangebied word.

Verversings en tee sal bedien word en elkeen sal ’n sak met babaprodukte ontvang.

Daar is slegs 50 plekke beskikbaar. Vir besprekings, skakel Bets de Winnaar by 017 801 2658 of Louise Marais by 017 801 2601.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button