Puik uitslae vir Ligbron matrikulante

Die skool spog ook met ’n slaagsyfer van 98.77 persent met slegs twee druipelinge.

 

 

Die 2014 matrikulante van Ligbron Akademie vir Tegnologie het weereens die kwaliteit onderrig wat deur die skool aangebied word onderstreep met altesaam 125 A simbole wat deur die 163 kandidate behaal is.

Die skool spog ook met ’n slaagsyfer van 98.77 persent met slegs twee druipelinge.

Die skoolhof, mnr. Dup Van Rensburg, het hy sy dank en waardering teenoor die leerders en personeel uitgespreek vir die goeie akademiese uitslae wat die 2014 groep behaal het. Hy het ook erkenning gegee aan al die laerskool onderwysers, asook personeel by die verskillende hulpsentrums asook die ouers wat bygedra het tot die leerders se sukses.

“Selfs ons kerke se insette moet nie misgekyk word nie,” het hy gesê.

“Hoewel die 100% slaagsyfer van die vorige jaar nie herhaal is nie,  is die uitslae bo verwagting  goed. Slegs twee skole in die Gert Sibande streek het ’n 100% slaagsyfer behaal. Dit is dan ook die agste agtereenvolgende jaar dat daar geen druipeling inwiskunde was nie. Met 18A’s en ’n vak-gemiddeld 69,9%  was dit ons top vak. Die verwagting is ook dat ons wiskunde prestasie onder die top drie in die provinsie sal eindig. Verlede jaar het Ligbron die nr. 1 plek in Mpumalanga beklee,” het mnr. van Rensburg gesê. Hy het bygevoeg dat die Wetenskapkandidate self met 11 A’s spog en hoop om soos verlede jaar onder die top vyf in die provinsie te eindig. Ander vakke wat presteer het is Wiskundige Geletterdheid met 18 A’s, en Engels Addisionele taal met 11 A’s.

“Die 163 kandidate het slegs 6 uit 1142 vakke wat hulle geneem het, gedruip,” het hy gesê.

Elzanie Bothma was Ligbron se toppresteerder met agt onderskeidings en ’n gemiddeld van 89.1%.  Arno Jacobs, Birgitt Johannes, Marisa Ferreira en Sula Swart het elk sewe onderskeidings behaal..

Sula Swart was ook Mpumalanga provinsie se toppresteerder in die vak Besigheidstudies en is deur die departement onderwys met ’n rekenaar beloon.

Exit mobile version