EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Moenie die Tolderia-pretdag misloop nie

  Ermeloërs en alle Hoëvelders kan solank begin gereedmaak vir ’n pretdag, enig van sy soort, op 7 Februarie 2015 by die gewilde  vakansie-oord Tolderia op die pad tussen Ermelo en Lothair. Dié pretdag word deur albei die Hervormde gemeentes van Ermelo aangebied en sluit in aktiwiteite soos ’n swartbaar-oewerhengelkompetisie, bootritte, watersport, ’n 4×4-pretrit, wildbesigtingingsrit, …

 

Ermeloërs en alle Hoëvelders kan solank begin gereedmaak vir ’n pretdag, enig van sy soort, op 7 Februarie 2015 by die gewilde  vakansie-oord Tolderia op die pad tussen Ermelo en Lothair.

Dié pretdag word deur albei die Hervormde gemeentes van Ermelo aangebied en sluit in aktiwiteite soos ’n swartbaar-oewerhengelkompetisie, bootritte, watersport, ’n 4×4-pretrit, wildbesigtingingsrit, foefieglybaan, vliegtuigritte, 10 km-pretdraf, 5 km-stap, bergfietswedren, fotokompetisie en vele meer.

Thys die Bosveldklong sal almal vermaak met sy sang en spitsvondigheid.

Tussendeur kan ’n verskeidenheid uitstallings besigtig word, terwyl ’n groot verskeidenheid kosstalletjies die honger sal stil, terwyl die dors in die biertuin geles kan word.

Toegang is R70 (volwassenes) en R30 (skoliere).  Dit sluit die toegang tot die oord, uitstallings en gaskunstenaar in. Ander aktiwiteite is opsioneel. Toegangskaartjies is beskikbaar by Highveld Office Supplies, Ouma Rooi Koeksisters, Tuiskoop en gemeentelede.

Vir uitstallings of navrae, skakel André van Rooyen by 082 417 0174

Related Articles

Back to top button