Local newsNews
MOTHS hou afsluiting
Die Ermelo MOTHS groep het verlede Vrydag ’n gesellige afsluiting en toekenningsgeleentheid by die Monte Sole Hoofkwartier gehou.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2014/12/J1F-Small.jpg)
Die Ermelo MOTHS groep het verlede Vrydag ’n gesellige afsluiting en toekenningsgeleentheid by die Monte Sole Hoofkwartier gehou.
Verskeie lang-diens asook getroue diens toekennings en sertifikate is aan MOTHS lede oorhandig.
Sertifikate van erkenning is ook aan nie-lede oorhandig vir hul bydraes, hulp en ondersteuning aan die MOTHS.
Die volgende lede het toekennings ontvang:
Buks Beukes (32-jaar diens); André Smith (31 jaar); Fritz Olmesdahl (29 jaar) Chris Landman (28 jaar); Johan Venter (22jaar); Piet Barnard (20 jaar) en JP Hugo (15 jaar). Sertifikate van waardering is aan nie-lede Piet de Beer en Ronel Olmesdahl oorhandig.