Local newsNews

Boer in gesig met mes gesteek

’n Deeltydse boer van Estancia naby Ermelo mnr. Gerhard “Oros” van der Walt is vroeg Donderdagoggend deur ’n aanvaller in sy gesig, kop en oor met ’n mes gesteek en beroof.

’n Deeltydse boer van Estancia naby Ermelo mnr. Gerhard “Oros” van der Walt is vroeg Donderdagoggend deur ’n aanvaller in sy gesig, kop en oor met ’n mes gesteek en beroof.

Die voorval het gebeur toe mnr. Van der Walt ’n onbewaakte vuur op sy plaas opgemerk het en ondersoek ingestel het.

Die aanvaller het hom vanuit die gras bespring en die mans het begin stoei. Mnr van der Walt het steekwonde in sy kop, gesig en linker oorskulp opgedoen.

’n Verdagte is later langs die teerpad tussen Ermelo en Hendrina aangekeer.

Mnr van der Walt se bakkie-sleutels en ’n bedrag kontant is teruggevind.

Die verdagte is in hegtenis geneem en na die Breyten polisekantoor geneem en aangehou.

Hy het Vrydagoggend in die hof op Ermelo verskyn. Verdere besonderhede is op dié stadium nie bekend nie.

Related Articles

Back to top button