Local newsNews

Ermelo Laeveld Jagters beloon presteerders

Die Ermelo-tak van die Laeveld Jagtersvereniging het Saterdag die jaar op ’n hoë noot afgesluit met ’n luisterryke prysuitdelingsgeleentheid en ete by Grasslands Lodge.

Die Ermelo-tak van die Laeveld Jagtersvereniging het Saterdag die jaar op ’n hoë noot afgesluit met ’n luisterryke prysuitdelingsgeleentheid en ete by Grasslands Lodge.

Die organiseerders verdien al die lof wat hulle toegeswaai is vir die stylvolle manier waarop die geleentheid aangebied is en ook die paslike uitstallings en verfraaiings wat aangebring is.

Gaste is deur die loop van die aand deur Piet Pompies, voormalige lid van die sanggroep DJ Ossewa, vermaak.

Verskeie pryse is aan presterende skuts en jagters in hul onderskeie afdelings toegeken.

In die langgeweer-afdeling het die volgende skuts die eerste plek behaal. Brandon du Plessis (beste junior skut), Elize van den Heever (beste vroue skut), Hannes van Aswegen (beste senior manskut – intertak 2014) en Dolf Richter (beste veteraanskut – intertak 2014)).

Beste “3-gun”- skut – intertak, Piet van den Heever. Piet is ook as die jaar se mees toegewyde sportskut aangewys.

Die klub se algehele wenners in die “3-gun”-afdeling was Brandon du Plessis (beste junior) Elize van den Heever (beste vrou), Piet van den Heever (beste senior) en Charles Robberts (beste veteraan).

Die volgende lede is as die beste jagters van die jaar aangewys:

Henré Bruwer (junior jagter), Annabel Swart (junior dogter), Minette de Jager (beste vrou) en Hercules Lourens (senior mans asook beste trofee).

J2F1 (Small)

Related Articles

Back to top button