Ligbron-studentesentrum in gebruik geneem

Met sitplek vir meer as 300 mense, beloof dié ultra-moderne, goed-toegeruste sentrum wat ’n kafeteria, boekwinkel, klerewinkel, rekenaarsentrum, na-skoolsentrum en gimnasium insluit, om die gunsteling vergaderplek vir leerders sowel as leerkragte en ouers van die skool te word.

“Werklik iets om op trots te wees.”

“Dit laat my terug verlang skool toe!”

“Dit lyk soos iets in ’n fliek.”

Dit was ’n paar van die opgewonde kommentare van gaste by verlede Donderdagaand se amptelike opening van Ligbron Akademie vir Tegnologie se nuwe studentesentrum.

Met sitplek vir meer as 300 mense, beloof dié ultra-moderne, goed-toegeruste sentrum wat ’n kafeteria, boekwinkel, klerewinkel, rekenaarsentrum, na-skoolsentrum en gimnasium insluit, om die gunsteling vergaderplek vir leerders sowel as leerkragte en ouers van die skool te word.

Die hoof, mnr. Dup van Rensburg, het in sy verwelkomingsrede dit benadruk dat ouers in die skoolgemeenskap betrokke moet raak en gesê projekte soos dié deur alle leerders, ouers en onderwyspersoneel benut kan word. Hy het voorts alle betrokkenes en die skool se beheerliggaam bedank vir hul visie en vertroue in die skool en almal wat bygedra het tot die totstandkoming van die sentrum.

Mnr. Frans Kalp, wat ’n sleutelrol in die beplanning en totstandkoming van die sentrum gespeel het, het gesê dit is noodsaaklik dat die skool moderne onderwystendense moet volg en ook vir die toekoms moet beplan.

“Die sentrum is beplan sodat almal voordeel daaruit kan trek. Dit is werklik ’n ultra-moderne gerief wat vir baie jare deur die hele skoolgemeenskap benut kan word,” het hy gesê.

Genooide gaste is verlede Donderdagaand deur die personeel, beheerraadslede en leerders op ’n maaltyd uit die boonste rakke getrakteer.

Ward Aids committee member Ms Nonsikelelo Nhleko discusses details about the virus with the community of kwaZanele.
Exit mobile version