Local newsNews

TLU SA Oos-streek hou konferensie

TLU (Transvaal Landbou-Unie) Oosstreek het Woensdag 29 Oktober ’n streekkonferensie in die Landbou Akademiesaal van EHS gehou.

TLU (Transvaal Landbou-Unie) Oosstreek het Woensdag 29 Oktober ’n streekkonferensie in die Landbou Akademiesaal van EHS gehou.

Die tema was “Ons boer vir die toekoms” en verskeie sprekers het waardevolle insette gelewer.

Die sprekers het ingesluit gen. Chris van Zyl wat terugvoering gegee het oor besluite wat tydens die nasionale kongres geneem is; mnr. Derek Kühn wat die jong boere aangemoedig het om die toekoms van boerdery te verseker; mnr. Henry Geldenhuys wat onrusbarende statistiek deurgegee het rakende aanvalle en moorde op plase; en mnr. Danie du Plessis wat ’n voorskou van die TLU se projekte gegee het asook inligting oor grondeise in Mpumalanga verskaf het.

’n Nuwe bestuur is ook tydens die konferensie gekies.

Related Articles

Back to top button