Local newsNews

Pienk Hark Jannie maak plaaswerk nóg makliker

Ermelo se eie “Pienk Hark”-ontwerperboer, Jannie Myburgh, het weer met ’n blink plan vorendag gekom wat enige boer se take op die plaas aansienlik sal vergemaklik.

Ermelo se eie “Pienk Hark”-ontwerperboer, Jannie Myburgh, het weer met ’n blink plan vorendag gekom wat enige boer se take op die plaas aansienlik sal vergemaklik.

Dié keer het hy ’n byvoeging tot sy reeds gewilde veeldoelige trekker-vurkhyser aangebring om dit nog meer veeldoelig te maak.

“Ek hou nie van harde werk nie, daarom glo ek mens moet slimmer werk,” het Jannie met ’n glimlag gesê.

Jannie en sy knap span het ’n bak vervaardig wat met geen moeite nie op die vurkhyser vashaak en soos ’n voorlaaier gebruik kan word om los sand, kalk, kunsmis en feitlik enigiets anders op te skep. Die feit dat die trekker by plekke kan inbeweeg waar ’n bakkie of ’n vragmotor nie kan nie, maak dié bak’n uiters handige implement wat op enige plaas of werf ingespan kan word.

Met dié nuutste toevoeging tot sy reeds vindingryke skeppings soos die Pienk Hark, rolmoerkapper en trekker-vurkhyser, kan enige trekker as ’n ware werkesel op die plaas aangewend word om slimmer, maar nie harder nie, te werk.

“Dit laat mens met baie meer tyd om koffie op die stoep te drink,” het hy skertsend laat weet.

Related Articles

Back to top button