Local newsNews

20ste Pienkbal twee weke weg

Die groot pienk bal in die klubhuis van die Ermelo Buiteklub kondig die groot gebeurtenis aan.

Die groot pienk bal in die klubhuis van die Ermelo Buiteklub kondig die groot gebeurtenis aan.

Die Hervormde Gemeente Suid se 20ste pienkbal-gholfkompetisie vind op 15 November plaas.

Die gewilde kompetisie wat jaarliks talle spelers lok, beloof om vanjaar voort te bou op hul suksesresep.

Die organiseerders gaan poog om weer die gewone karnavalatmosfeer te skep met verversings op sekere van die putjies en heerlike pryse om te wen.

Die Chris Schneider-teenwoordigheidsprys van R2 000 sal weer met ’n gelukkige trekking op die spel wees. Die trekking vind net een maal plaas en as die wenner nie daar is nie, word die prys verbeur.

Natie van Rooyen se gelukkige trekking vir R1 500 wat getrek sal word totdat ’n wenner teenwoordig is, gaan ook ’n gelukkige persoon ’n bietjie ryker maak.

Daar sal vanjaar ook ’n non-golfers prys wees om spelers wat nie lid van ’n klub is nie ook ’n geleentheid te gee om ’n prys te wen.

Die vierbal wat wen, sal ook weer elkeen ’n pienk “wissel”-baadjie ontvang.

Daar word dan ’n balkie met die wenners se name op die baadjies vasgewerk en elke jaar word die baadjies aan die nuwe wenners oorhandig en hulle name daarop aangebring. So word ’n nuwe tradisie as deel van die Pienkbaldag geskep.

Mense wat bereid is om putjies te borg of skenkings te maak, kan Natie van Rooyen by 083 345 4822 skakel.

Related Articles

Back to top button