Local newsNews

EARS ly groot skade

EARS het verlede week deurgeloop onder vandalisme en diefstal.

EARS het verlede week deurgeloop onder vandalisme en diefstal.

Volgens Ronél van der Merwe (voorsitter EARS) het booswigte Woensdagnag ondermeer hondekos, komberse, voerbakke, gereedskap en selfs ’n paar honde gesteel.

Die hokke waar die meer aggressiewe honde gehuisves word, is oopgebreek en dié honde het van die ander doodgebyt.

Volgens Ronél gebruik hulle tans al hul spaargeld om hondekos te koop en sal hulle enige hulp van die publiek waardeer om van die gesteelde goedere te vervang.

Ronél sê dit gaan haar verstand te bowe dat mense diere kan steel.

Mense wat hul hulp wil aanbied, kan Ronél by 083 976 7113 skakel.

Related Articles

Back to top button