Local newsNews

Vroue op plaas naby Chrissiesmeer aangeval

Drie vroue en ’n een-jarige baba wat op ’n plaas naby Chrissiesmeer woon is Woensdagoggend omstreeks 01:30 deur twee mans beroof.

Drie vroue en ’n een-jarige baba wat op ’n plaas  naby Chrissiesmeer woon is Woensdagoggend omstreeks  01:30 deur twee mans beroof.

Die vroue is vasgebind en na wat verneem word is een van die vrouens in die gesig geslaan.

Die aanvallers het geld, selfone en ander items gesteel en het in ’n VW Golf wat aan een van die vroue behoort gevlug.

Een van die vroue het haar losgewikkel en na ’n werker se kamer gehardloop waar sy alarm gemaak het.

Die plaaswag en polisie is na die toneel ontbied en die gesteelde motor is later dieselfde oggend op Chrissiesmeer teruggevind. Die polisie verwag om die booswigte binnekort aan te keer.

Related Articles

Back to top button