GeneralLocal newsNews

Ouma Rooi streef na koeksisterkroon by Innibos

Feesgangers kan daagliks tussen 13:00 en 16:00 koeksisters van Ouma Rooi en die drie ander finaliste van Hendrina, Reitz en Vanderbijlpark proe en vir hul gunsteling stem.

Ermelo se Ouma Rooi-koeksisters is deur na die eindronde van die Huletts-koeksisterkompetisie.
Gerda Swanepoel, die uithalerbakster van dié gesogte lekkerny, is baie dankbaar vir elke sms en al die stemme wat daartoe bygedra het dat sy na die proeronde deurgedring het.
’n Paneel van 21 beoordelaars het verlede Vrydag die koeksisters van die wenners van die sms-stemme geproe en vier finaliste gekies wat van 2 tot 5 Julie aan die eindronde by die Innibos-fees teen mekaar te staan kom.
10 000 van die gevlegte soetighede sal gedurende die fees geproe word om te bepaal wie die koeksister-koningin in die land is.
Feesgangers kan daagliks tussen 13:00 en 16:00 koeksisters van Ouma Rooi en die drie ander finaliste van Hendrina, Reitz en Vanderbijlpark proe en vir hul gunsteling stem.
Maak gerus ’n draai by die Huletts-tent en stem vir Ermelo se eie Ouma Rooi-koeksisters.

Related Articles

Back to top button