Local newsNews

Bekende Ermeloër ernstig beseer

n Bekende polisieman in Ermelo en goeie vriend van die Hoëvelder, Pieter de Beer, is verlede Donderdagaand ernstig in ’n motorongeluk beseer.

’n Bekende polisieman in Ermelo en goeie vriend van die Hoëvelder, Pieter de Beer, is verlede Donderdagaand ernstig in ’n motorongeluk beseer.
Volgens Pieter was hy tussen Morgenzon en Standerton onderweg toe hy vir ’n oomblik sy oë van die pad gehaal het. Toe hy weer opkyk, was ’n voertuig sonder enige ligte voor hom.
In ’n poging om ’n botsing te verhoed, het hy beheer oor sy voertuig verloor en die motor waarin hy gereis het, het gerol.
Pieter is in Trichardt in die hospitaal opgeneem waar hy behandel word vir ’n gebreekte skouer, heup, regtersleutelbeen, ribbes en ’n ernstige longbesering.
Hy het reeds ’n heup- en skoueroperasie ondergaan en teen druktyd was hy steeds aan ’n longmasjien gekoppel en onder verdowing in die intensiewesorgeenheid.

Related Articles

Back to top button